

Die Stap-Vir-Stap Aanlyn Mentorprogram Saam Met Van Die Land Se Top Skaapboere Om Jou SkaapBoerdery Binne 12 Maande Te Vat Na Een Van Die Top 20% Skaapboerderye In Suider Afrika
(Klik op die video hieronder vir meer inligting)

Jy het meer tyd vir jouself
Jou span begin vat van die boerdery se verantwoordelikhede oor
Die span word meer produktief
Jy kan jou fokus verskuif na die take wat meer belangrik is
Jou boerdery steun meer op stelsels en nie net op jou nie
Probleme word opgelos sonder dat jou span elke keer vir jou moet vra
Die boerdery se groei word gedryf deur sisteme sonder dat dit meer werk van jou verg
Die boerdery begin beweeg vorentoe sonder dat jy hoef op te druk.
n Student, adviseur of agent is
Nie toegang het tot n rekenaar met betroubare WIFI nie
Nie gemaklik is met basiese rekenaarvaardighede nie
Op soek is na metodes om vinnig geld te maak
Nie bereid is om ander se opinies met respek aan te hoor nie
Nie van plan is om wat jy leer toe te pas nie
Jy n positiewe en aktiewe skaapboer is
Jy graag wil leer hoe om jou boerdery as n besigheid te bestuur
Jy moeg is vir krisisbestuur en op soek is na sisteme wat werk
Jy wil leer hoe die top 1% skaapboere bestuur, beplan en groei
Jy bereid is om 3 tot 5 ure per week in jou groei te belê
Jy wil boer met n visie en strategie om jou nalatenskap te verseker
Hierdie mentorprogram is vir skaapboere wat van finansiële onsekerheid, frustrasie en oneffektiewe bestuur in hul skaapboerdery wil beweeg na een van die top 20% skaapboere in Suider Afrika deur middel van beter beplanning, strategie, stelsels en die suksesvolle implementering daarvan sodat hulle welvaart kan skep met die vestiging van n winsgewende, goed-bestuurde, volhoubare besigheid wat hulle met selfvertroue en trots aan hul toekomstige geslagte kan oordra.
Dit verseker hul familie se nalatenskap, bied persoonlike bevrediging en hulle maak n betekenisvolle verskil binne hul gemeenskap.

Hoekom doen jy wat jy doen?
Hoekom denkwyse sukses bepaal
Skep n Besigheidsplan & Strategie
Verstaan jou syfers
Bedryfsmaatstawwe
Bemeester jou boerdery se finansies
Bou n veerkragtige boerdery
Bemarking en Verkope vir maksimum wins
Opvolgbeplanning & Nalatenskap
Funksioneel doeltreffende diere
Voeding & Bestuur
Dieregesondheid
Optimalisering van grond, veld en weiding
Tegnologie & Innovasie
Stap-vir-stap implementering van telkaarte en terugvoer sisteme sodat die besigheid besluite kan neem op data en nie ''gut feeling'' nie
Hulpbronne vir groei
Wat en hoe om te meet.
Wat en hoe om te evalueer
Wat en hoe om te verbeter.
Meesterklasse:
Sessies met van die land se suksesvolste boere & kundiges

1. FarmMentor: Eerste 12 Maande se toegang tot die FarmMentor toepassing. Ons gaan elke maand jou vordering monitor sodat jy besluite kan neem soos n ware besigheidseienaar en nie net op jou ‘’Gut’’ gevoel nie.
2. Kwartaalverslag en beplanning: Ons gaan een keer per kwartaal evalueer en regstellings maak.
3. Weeklikse sessies: Ons ontmoet weekliks aanlyn vir die eerste 16 weke om seker te maak jy verstaan en implementeer die program.
4. Mentorklasse: Een keer per maand sal daar ’n mentorklas wees vir vrae & antwoorde, asook waar ons spesifieke onderwerpe sal bespreek saam met kundiges.
5. WhatsApp-kommunikasie: Jy kan direk 1-1 met my op whatsapp kommunikeer.
6. Privaat WMS20 - groep: Die privaat groep sal sorg dat jy nie agter bly nie.
7. Meesterbrein-byeenkomste: Een byeenkoms per jaar as groep om in persoon te ontmoet met uitgesoekte gaste as sprekers.
8. Templates: Telkaarte, Veeregister, Besigheisplan, Begroting, Bestuursprogram,Veevloeibeplanning, Inkomstestate, ens.
9. WMS20 Curriculum: Leeftyd toegang tot die aanlyn modules van die WMS20 Mentorprogram.
10. Opnames: Leeftyd toegang tot die opnames van die strategiese sessies van jou WMS groep.

As jy nie die werk doen en dit toepas nie, sal jy nie die resultate sien nie.
Ek werk met boere wat weet niks in die lewe is gewaarborg nie—jy moet in jouself glo en opdaag vir jou eie sukses.
My waarborg aan jou: Geld terug na 30 dae
Jy sal toegang hê tot al die sessies van Maand 1 (Beplanning & Strategie)
As jy binne dié eerste 30 dae voel die program is nie vir jou nie, kan jy eenvoudig onttrek—geen vrae nie.
Ek betaal onmiddelik jou geld terug.
Indien jy besluit om voort te gaan is dit slegs R 2 500.00 per maand soos ooreengekom tot die 12 maande voltooi is of n eenmalige betaling vir die oorblywende 11 maande teen 20% korting.

Werk lang ure, spring van die een krisis na die volgende en maak staat op jou eie vermoë om die wa deur die drif te trek.
Bly glo dat dinge binnekort sal bedaar. Hou aan om die bottelnek van jou boerdery te wees. Offer al jou tyd op om jou boerdery te laat oorleef.

Implementeer die nodige sisteme wat vooruitgang verseker sonder meer ure, spanning en chaos.
Skep 'n boerdery waarvan die groei voorspelbaar is en wat nie totaal van jou afhanklik is nie.
10 uur/week @ R 100/uur = R 1000/week
10 uur/week @ R 200/uur = R 2000/week
20 uur/week @ R 100/uur = R 2000/week
20 uur/week @ R 200/uur = R 4000/week
Bedryfsmaatstawwe
Vinniger-uitvoering
Minder foute
Boerdery is nie net afhanklik van jou nie
20-30% beter produktiwiteit
Meer wins
Beter gesindheid onder arbeid
Moontlike belasting besparings
Volgende generasie hoef nie skoolgeld te betaal nie
Stelselgedrewe besighede is meer werd as besighede wat van die eienaar afhanklik is.
Stelselgedrewe besighede is investeerbaar
Stelselgedrewe besighede het 'n handelsmerkwaarde
Gaan hou vakansie sonder dat die boerdery uitmekaar val. Prysloos
Jy hoef nie meer vir almal te dink nie. Prysloos
Om wakker te word en te weet dat alles op koers is en glad verloop. Prysloos
Minder dag tot dag bestuur
Meer tyd om te fokus op NB werk wat die besigheid sal groei
Meer tyd om te fokus op besigheids en persoonlike verhoudings
Beplanning & Strategie
Moniteer, Evalueer & Verbeter



Module 1: Wat Is Ware Welvaart
Module 2: Begin Met Die Einde In Gedagte
Module 3: Die Top 20% Boer Se Denkwyse
Module 4: Waardes Beginsels en Leierskap

Module 5: Jou Skaapboerdery Is n Besigheid
Module 6: Die 4 Enjins Van Winsgewende Skaapboerdery
Module 7: Meet Wat Belangrik Is
Module 8: Die Top 20% Prestasie Formule


Module 9: Werk Ook Op Die Boerdery, Nie Net In Die Boerdery
Module 10: Die 90-Dae Groei Stelsel
Module 11: Die 4 Lense Van Besluitneming

Module 12: Bou Bates, Nie Net Inkomste Nie
Module 13: Die 5 Bateklasse Van n Moderne Boer
Module 14: Die Mag Van Kummulatiewe Groei


Module 15: Meer As Net skape
Module 16: Die Volgende Generasie
Module 17: Jou Persoonlike Welvaartplan
(Klik op die groen skakel om toegang te kry)

Ek is Abraham(Braam) Coetzee en ek is al meer as 30 jaar betrokke in die skaap- en wolbedryf in Suid Afrika.
Ek het op 'n skaapplaas in Namibië grootgeword.
Na skool gaan studeer ek B.Sc. Landbou aan Stellenbosch Universiteit en spesialiseer in die voeding, teling en bestuur van wolskape.
In 1990 verwerf ek die graad B.Sc.-Honeurs in Skaap- en Wolkunde.
My loopbaan begin in 1991 by die Suid-Afrikaanse Wolraad as 'n skaap- en woladviseur.
Gedurende hierdie tyd was ek betrokke by die bestuur van ooiprojekte in die Karoo om te bepaal hoe lyk die tipe wolskaap wat optimaal presteer onder natuurlike omstandighede.
Ek het ook gedien as 'n senior skaap- en woladviseur vir die Nasionale Wolkwekersvereniging van Suid-Afrika, sowel as vir BKB, een van die voorste Wolmakelaars in Suid-Afrika.
Verder het ek vir 10 jaar as die besturende direkteur van die Konsortium maatskappye gedien. My funksie was die ontwikkeling van standaardbedryfsisteme vir die boerdery. Die beplanning, begroting, implementering, monitering en evaluering van die boerdery eenhede.
Ek is ook die afgelope 17 jaar die besturende direkteur van my familie se eie groep van maatskappye.
Ons bedryf verskeie besighede onder die Amali-handelsmerk.
Verder doen ek gereeld kursusse oor bemarking, leierskap en bestuur en doen ook baie selfstudie oor hierdie onderwerpe.
Ek en my vrou, Marlize woon in Cradock in die Oos-Kaap. Ons het twee dogters. Die oudste is in die vrugte uitvoer bedryf en die jongste is in die finansiele bedryf.



All rights reserved Amali Digital Marketing Agency (Pty) Ltd
Disclaimer:
This program is provided for informational purposes only and does not constitute financial, investment, or legal advice. The content is based on research and personal experience and is intended to share general information about sheep farming concepts and strategies. Individual farming situations vary, and it’s important to consult a qualified advisor before making any investment or financial decisions. We do not guarantee specific results, and all investments carry risk. The creators and distributors of this guide are not responsible for any losses or damages resulting from actions taken based on its contents.